Vrae
Vrae oor trouruikers en memorials
Hoe vinnig moet my blomme by jou wees?
Verkieslik binne 48 uur na die troue of begrafnis. Hou die blomme intussen koel. Jy kan dit by my aflaai of op jou koste per koerier stuur; WhatsApp my eers vir die afleweringsbesonderhede. Hoe varser die blomme, hoe mooier die kleur in die resin. WhatsApp my so gou as moontlik, dan reël ons.
Kan ek afbetaal?
Ja. Vir trouruikers hou R1 000 jou datum en tel dit by die 60% deposito in. Die res kan jy in dele betaal. Die balans is betaalbaar wanneer ek foto’s van die klaar stuk stuur en ons aflewering reël. Vir klein los stukke en Memoria onder R1 500 betaal jy die volle bedrag vooraf.
Wat as die troue al verby is?
Dit is nie te laat nie. Sit die blomme in die yskas, bo-op en droog, en WhatsApp my vandag. Ons kyk saam wat nog gebruik kan word. Jy kan dit by my aflaai of op jou koste per koerier stuur; WhatsApp my vir die afleweringsbesonderhede.
Werk jy met as en borsmelk?
Ja. Onder Viveca Memoria werk ek met as, borsmelk, haartjies, naelstring en afskeidsblomme, in blokke, ringe en hangers. Juwele begin vanaf R1 500, en die finale prys is op kwotasie volgens die ontwerp.
Kan ek my eie juwelier gebruik?
Ja. Ek werk saam met my eie juwelier, maar jy is welkom om joune te gebruik. Die juwelier kwoteer die juweel, ek kwoteer die resin-werk, en jy kry een totaal.
Hoe lank vat my stuk?
Tussen 12 en 16 weke vanaf die dag waarop ek jou blomme ontvang. Blomme moet eers heeltemal droog wees voor ek giet, en die resin moet stadig uitdroog vir ’n helder stuk.